Liewe Lawwe Spys LuisLiewe Lawwe Spys LuisPartykeer wil ons net babbel en gesels in ons moeder taal. Partykeer wil ons net kla en partykeer wil ons net giggel. Wel as niemand anders wil luister nie sal Liewe Lawe Spys Luis sy oortjies vir my tuit!
Articles:
1, 2
Articles
'n konstutisie vir 'n heavenly ordained huis
2007-10-25 14:42:00 Liewe Spys LuisHierdie week was ek effe still omdat ek eers hond besig was met werk en daarna het ons gecelebrate dat dit by my ore uitgeloop het. Ons het 'n awesome span hier waar ek werk, en saam het ons, ons jaar target bereik, met ses weke om te gaan.... gister was dit sjampanje, 'n limo, en lekker mense vi ek baie lief is. Dankie vi julle, dis 'n voorreg om saam met julle te werk. Mag ons volgende jaar die rekords laat spat en die grootste en die beste en steeds die vinnigste groeiende diens verskaffer in ons veld bly!Op ?n ander trant skuld ek jou ?n update op Bophelô Gesins Huis. Ek het die forums om 'n no-profit organisation te registreer op die internet gevind en het dit so lank begin in vul. Een van die vereistes is egter dat ek 'n "constitution" moet skryf. Dit sal seker na die naweek klaar wees en ek sal dit beskikbaar stel, vir jou kommentaar.Vandag meer as ooit voel ek weer daardie drang hier binne om 'n regte verskil te maak en om mense se harte aan te raak. Di...
Hi kom die bokke
2007-10-20 09:43:00 Liewe Spys Luis soos kan sien is mobile blogging oor greetig of dalk net moer opgewonde. Go bokke, trap op die rosies, verniel hulle en bring daai beker huis toe¡
My nose is only walking...
2007-10-20 09:43:00 Liewe Spys Luis vandag stuur ek my eerste pos stuk hi van my yuppie oorbel af. Ja ek is nou ook into mobile internet en ek is blog verslaaf. Net so voor die bokke se groot toets vandag wil ek eers met my mini skotties spog. Jy sien kleuter skottie is 3 en in n afrikaanse kleuterskool, ma hy ken van Ingels en boertjie taal en hou die twee baie mooi apart, behalwe vi gister, hy kom by my half ontstelt en sê "Mommy my nose is running." Ek sê toe dat dit nie erg is nie dat hy ma net n tissuetjie moet gaan haal. N hemelse kalmte oorval toe di mannetjie en hy sê toe "oh so my nose is only walking." Ag hoe lekker om n mini mens te wees. More About: Walking , Nose
die televisie as dart bord
2007-10-19 08:46:00 My Liefste Spys LuisVandag blom my hart en my bloed is groen, my Springbok pet is op my kop and ek het ons bokkie vlag hier op die kantoor se balkon vas gemaak. Die mini skotties is baie kwaad omdat hulle nie mag springbok hempies skool toe dra nie? maar in my opinie is dit nie ?n biggie nie, daar moet darem ook voordele aan grootmens wees gekoppel word.Die derduisende groen truie en pette wat vandag in die Jakaranda stad se verkeer verby my gezoem het, het my heel hartig terug geneem na 1995, daar in oupa Petoors se sitkamer saam met oupie, oumie, pappa, mamma, boeties, en ?n komiese mannetjie met die naam Lloyd, het ons die finaal gekyk. As klein dogtertjie was ek mee gevoer deur die gevoel van eenheid, en dis daardie gevoel wat my nog altyd by gebly het en my steeds laat glo dat Suid Afrika as een groot reënboog nasie kan floreer.Die rugby nostalgie laat my ook terug dink aan my beste vriendin se pa, in ons skool jare het die tannie vir die oom sagte speel goed gekoop om na die ...
opgewondeheids paddastoeltjies
2007-10-18 16:42:00 Liewe Spys LuisVandag maal daar so baie gedagtes hier deur my oor vol brein?. Ek is ?oortjies toe? onder die werk, maar tog hier in my binneste is ek so tevrede soos ?n kleine, nuut gebore, mense liefling wat homself, vir die eerste keer, aan moeders melk verlustig.Ek weet nie of ek met my twee mini skotties wil spog en van hulle besondere oomblikke met jou wil deel nie, en of ek eerder soos ?n verliefde tiener meisie my blonde kop skotsman se nam oral oor hierdie bladsy wil krap nie; of ek moet dalk nie die kans gebruik om te besin oor my vriend aan wie ek ewe skielik weer so naby voel nie?Al wat ek weet is dat hierdie bruin oog Neo Afrikanertjie baie geseënd is. Die Here sorg goed vir my en bring geleenthede op my pad waaroor ek net in my wildste drome kon vra. As ek terug kyk, en mooi dink is dit duidelik dat vir so vêr as die oog kan sien (en dan nog ?n bietjie?) seën God my al van klein tyd af met wonderlike familie, net die beste ouers en boeties?.en nou met die mees liefdevol...
Blog Action Day
2007-10-15 07:54:00 My Liewe Spys LuisDis blog action day, maar om ?n grooter audience te bereik het ek bietjie van oggend se artikel in Engels gelos. Dis gepubliseer deur THE DOLPHIN ACTION & PROTECTION GROUP op die web tuiste http://sacoast.uwc.ac.za/ Kom ons bou voort op gister se trant en maak ?n verskil.With the holiday season on its way it is very important that the South African public does their part to protect the marine life whose territory we invade whilst enjoying our well deserved December break. With this in mind the topic of this discussion is the prevention of plastic pollution in our oceans.The use of non-biodegradable or synthetic material in fishing gear and packaging is resulting in high mortality in marine mammals (dolphins, whales seals, sea otters and manatees), birds, fish and other species both locally and internationally. The most common synthetic material used is PLASTIC. Manufacture of plastic has grown so rapidly since its development over 40 years ago that enough sheet... More About: Action , Blog
Vannaand breek my hart
2007-10-14 21:41:00 Liewe Spys LuisVannaand breek my hart vir die kinders van ons land. My trane vloei vir my eie kleine skottie, weer vandag het sy ma hom verwerp, nee nie ek nie, nie sy regte mamma nie, sy bloed mamma. Die pyn in sy oë wou ek myne maak, net om dit van hom weg te neem. Die woede wat hier binne my bruis sal my laat onverantwoordelik goete aan jaag. Maar so gaan ek niks reg kry nie, hier wa ek op planeet Libby sit en so in die vêrte staar onthou ek hoekom ek hier is?.Néé ek gaan nie elke Sondag kerk toe nie, maar ek dien my Here hier wa Hy my wil hê. My tiende kos my baie, soos dit in 2 Samuel van my verwag word. My tiende is my onvoorwaardelike liefde vir my erf skottie, die kleine, wyse, eina seuntjie wat my dag elke dag verhelder. Die kleine seuntjie wat my grys hare gee en so baie laat lag en huil. My opofferings om die foute van sy mamma reg te maak kos my baie, dis moeilik, maar die moeite werd. Lalla jy maak die lewe ?n fees en die res van my lewe sal ek aan jou toe wy, wat hier ... More About: Hart
'n bietjie advertensie
2007-10-13 15:19:00 Liewe Spys LuisEk is sooooo opgewonde, my gunsteling band ddisselblom het weer 'n nuwe CD ut gebring.Op hulle website adverteer hulle dit as volg:Sewe jaar na ddisselblom se eerste album en drie jaar na die laaste album word donker grond nou bekendgestel. Dit is ddisselblom se derde vollengte CD en in baie opsigte ?n terugkeer na ddisselblom se ?musikale wortels?. ?n Goeie mengsel van liefdesliedjies, komiese lirieke en sosiale kommentaar soos net Johrné, Jaco en Lienka kan optower! Die diversiteit van die album is ?n getuigskrif van die individuele groei binne die groep.Kort op die hakke van Johrné (My Seun Mieliepap) en Lienka (Lienka) se solo projekte kan daar nou uitgesien word na donker grond en die unieke ddisselblom klank. Daar is nuwe materiaal soos Kiepie en Kandas, Vryburger, Verdwyn, Moolah, Jobangensburg en Voorstedelike Liefde, maar aanhangers van ddisselblom se live shows kan ook uitsien na Koos Kombuis se Lente in die Boland (met ?n twist!) en Good News (uit Jaco se... More About: Vert
wonder oor goete waaroor ons nie mag wonder nie? goete wat agter ons is
2007-10-12 15:48:00 Liewe Spys LuisPartykeer wonder ons oor goete waaroor ons nie mag wonder nie? goete wat agter ons is. Net nou die dag praat ek met ?n maatje van my laaitie dae en sy wonder ook oor goete wat dalk moes gebly het, en sy vra dalk vi moeilikheid? en vir ha wil ek sêDaai is ?n paadjie in jou kop wat jy nie moet stap nie; Dis ?n deur wat jou hart mis gekyk het en as straf mag jy hom nie oopsluit nie?. Luister as die wind vir jou fluister, anders sal jy jou hart weer stukkend val en alleen moet opstaan sonder kind or kraai. Luister as die stem van jou hart vi jou fluisterbesluit mooi tussen ?n gier en ware liefde; as jy nou te vêr weg hardloop sal jy tussen deur trane vi jou kinders, al klaar so woedend moet vertel, verduidelik hoekom jy so stukkend, so rukkend hier alleen snikkend, hikkend, skreeuend sit? Luister as die wind vi jou fluister - Jy moet ophou krap, anders sal die seer nooit weer reg kom ni.e Maak die deur nou toe. Draai jou rug. Die hoofstuk is finaal verby.
Vertaling van die dag
2007-10-08 10:17:00 Liewe Spys Luis... hier is een vir ons britse boeties....For the English reader who would like to broaden their Afrikaans vocabulary, here are a few words for you to look at. I have to warn you that most of them are very tongue in the cheek, so first ry them on your closer friends before throwing then into a conversation with your new AFRIKAANS in laws. I will try and update this feature every day... should you be eager to learn more than just my one word a day, please visit the dictioanry on the website Roekeloos (http://www.roekeloos.co.za/woordeboeke.h tml) More About: Vert
die mooiste stuk van julle...
2007-10-06 22:30:00 As kind was daar baie min dinge wat ek en met ongelooflike aardse vadertjie in gemeen gehad het. Dit het gevoel as of ons nie van die selfde planeet heet nie? hoe dan nou nog kon dit ooit moontlik wees dat ons die selfde bloed en gene kon deel.Maar tog het daar een lied in my hart en my kop vas gesteek, wat my pa en ons as gesin deur swaar tye dra het. Dit was David Kramer se Skipskop.Hy gaan so?Pak op, pak op!Sit jou goedjies op jou kop.Môre gaan ons weg,vêr van hier weg.Skipskop, Skipskop,wanner hou die dinge op?Swaarkry lê net voor,die Blouberge oor.Overberg se mens is ek geboreop dié plek, Skipskop,nes my pa, en sy pa ook.Hier deur die duineloop ons se spore.Hier op die beach,hier langs die see is ek gedoop.Maar wat ken ek andersas die Bloudam se branders,en die wolkeen die winde wat hier waai?Verkoop jou bootjie,pak op jou goedjies,en sê maar "So long Skipskop ?Skipskop, sê 'Goodbye.'"Die linkerhandof die regterhand?Watse kant lê die plek,Misverstand?Asseblief, Meneer,ag, sê ...
ek soen sommer 'n pofadder oopbek?
2007-10-04 21:09:00 Liewe Spys LuisTerwyl ek vandag hier op planeet Libby voor my rekenaartjie sit en tik, speel Ddisselblom se ?kaktus in my vis tenk??. in die agter grond. Onwillekeurig dwaal my gedagtes weg van die baie belangrike saak op my tafel, en toe ek myself weer kon kry bepeins ek die aglehele prag van hierdie taal wat ek óf onbewustelik óf ?n bietjie per ongeluk-aspris vir die afgelope paar jaar verwerp het.Hier in my binneste ontstaan daar toe ?n monoloog oor die prentjie wat ?n sin soos ?die kaktus in my vis tenk? voor my oë laat verskyn? geen taal verf woorde prentjies soos Afrikaans nie.Net toe, so in die middel van die oomblik wat ek weer die gees van my nuut gevonde Neo-Afrikaanse uitkyk op die lewe geniet, glip daar ?n epos met die volgende onderwerp hier by my elektroniese posbus in. Subject: Afrikaans bly maar die beste taal ooit!!!!!! SOMMIGE BIETJIE KRU- > SENSOR MAAR SELF...SKEI DIE KORING VAN DIE KAF......Net daar inspireer die lys van interessante se goedjies ?n lawwe storie w...
Blonde kop skotsman
2007-10-01 10:31:00 Blonde kop skotsmanJy is soos `n donder storm in die somerJou liefde bring verligting van die droogte en dit les my dorsJou stem kan of so verfrissend of so verwoestend wees.Jou humeur so blitsig soos ?n bliksem straalEn jou krag en energie word bemin deur menigte? soos die donder weer.Jou trane bring lewe vir die wat al amper dood is.Jou liefde verdrink my sorgeJou glimlag voed my siel?Mag my donder storm homself nooit uitwoedMag my blonde kop skotsman nooit soos wolke voor die son verdwyn. More About: Blonde
Nasionale Braai Dag
More articles from this author:2007-09-24 21:06:00 Liewe Spys LuisVandag is nasionale braai dag hier in die mooiste land in die wêreld? en terwyl die braai vleis geur die lug rondom my versier en die Jakaranda Stad in ?n rook kombers toegevou word, oorval ?n sterk gevoel van nostalgie my?Eintlik kom die nostalgie al ?n lang pad saam? ek het vir die eerste keer in ?n lang ruk huis toe gegaan, saam met skool maatjies gekuier en sommer net gewees. Nou sal jy wonder van waar die hunkering na die verlede? glo dit of nie, my skotse boerseun met sy oorbel en blonde hare het my na De La Rey laat luister en sommer so hier binne iets in my waker gemaak wat voorheen so diep geslaap het dat ?n trompet geskal dit nie sou kon wakker maak nie.Voorheen was ek half skaam om as ?n Afrikaner bestempel te word, ek het self die fout gemaak om Afrikaans en Apartheid as een en die selfde ding te sien. Ek was so vêr links en so op ?n manier het my moeder taal net nie by die image ingepas nie. Ek wou die heeltyd self die verlede, waarmee ek eintlik niks te ... 1, 2 |



