DirectoryPersonalBlog Details for "Liewe Lawwe Spys Luis"

Liewe Lawwe Spys Luis

Liewe Lawwe Spys Luis
Partykeer wil ons net babbel en gesels in ons moeder taal. Partykeer wil ons net kla en partykeer wil ons net giggel. Wel as niemand anders wil luister nie sal Liewe Lawe Spys Luis sy oortjies vir my tuit!
Articles: 1, 2

Articles

jou trotse Wit Afrikaanse Maatjie
2008-03-13 07:08:00
My Liefste Spys LuisGister het ek ewe luidrugtig twee kaktusse uitgeskoffel uit my lewe, maar vandag wil ek my dankbaarheid betoon aan die drie mensies in my kantoor? die drie mensies wat deel forum van my verkoop span.Julle is magic, julle maak my trots?. Maar meer as dit wil ek met ons spog omdat ek wens dat wit en swart reg deur die land kan saam werk soos ons viertjies saam werk? saam lag ons omdat julle en die kantien nie gedink ht dat ?n whitey pap en vleis vir middag ete kan geniet nie, en saam debatteer ons oor die Reitz huis sage en saam word ons vies vir die moroon wat impliseer dat whiteys nie Africans is nie. Soveel keer in my werk word ek gevra hoeveel ek my swart kolegas betaal om te maak of hulle my BBE partners is?. Soveel keer is ek op hold geplaas oor ek die verkeerde van en aksent het.Ja daar het lelike goed in die verlede gebeur, maar nooit was my voor vaders daarop uit om die swart mense se vrouens te verkrag en hulle besittings helder oor dag by hulle te kom st...
almal se steun pilaar, maar nooit weer iemand se deur getrapte drumpel.
2008-03-12 20:42:00
Vandag is ek met mening terug? ek het ?n paar besluite gemaak en sal met regstellende aksie moet begin?. Nee dit beteken nie dat ek my wonderlike blonde kop skots man vir ?n meer polities korrekte model gaan verruil nie, neenooit ot sal ek verywillig van my betroubare, sexy model afsien nie? ek gaan net my lewe weer bietjie spring clean en reg ruk.Ek het nie soos ander mense my voornemens in Januarie gemaak nie?. Nee ek het al geleer dat ek onderdanig is aan die holiday high en voornemens maak waarby geen mens kan hou nie. Nou is ek ontnugter en in by my volle bewussyn.Juis daarom gaan ek van vandag af probeer om minder gepla te wees oor die opinies van irrelevante wesens wat my lewens versuur. Daar is ?n hele paar kaktusse wat ek moet uitroei, want vir hulle doring s is ek nou net niks minder as gatvol.Punt nommer een wat ek wil aanspreek is die dame wat geboorte gegee het aan my erf seuntjie? donder vroumens ek hoop jy lees hierdie blog raak en ek hoop jy skaam jou? Verlede jaar N...
BEDANKING
2008-02-27 06:45:00
BEDANKINGHeil sommer die leser ook. Hiermee dien ek amptelik my bedanking as volwassene in. Ek het besluit om weer al die verantwoordelikhede van 'n 8 jarige te aanvaar. Ek wil McDonald's toe en dink dat dit 'n 4 ster restaurant is. Ek wil weer stokkies oor 'n reën poeletjie laat seil en 'n sypaadjie pak met klippe en aan-aan speel. Ek wil weer dink dat Smarties beter as geld is want jy kandie goed eet. Ek wil op 'n warm somersdag onder 'n groot skaduboom lê en saam met my pellies lê en droom met 'n grassie innie kies. Ek wil weer terugkeer na 'n tyd toe die lewe eenvoudig was, jou kennis beperk was tot k l e ure , maal en deel tafels en Siembamba . Dit het jou nie getraak dat jy nie geweet het wat jy nie geweet het nie, so what ! Al wat jy geweet het was om gelukkig te wees want jy was salig onbewus van al die dinge wat jou moes ontstel of laat worry soos vrypuisies byvoorbeeld. Ek wil weer dink dat die lewe goed en regverdig is, en dat almal eerlik en opreg is. Ek w...
This is my prayer.
2008-02-26 06:20:00
Dear Lord, I thank you for this day. I thank You for my being able to see and to hear this morning. I'm blessed because You are a forgiving God and an understanding God. You have done so much for me and You keep on blessing me. Forgive me this day for everything I have done, said or thought that was not pleasing to you. I ask now for Your forgiveness.Please keep me safe from all danger and harm. Help me to start this day with a new attitude and plenty of gratitude. Let me make the best of each and every day to clear my mind so that I can hear from You.Please broaden my mind that I can accept all things.Let me not whine and whimper over things I have no control over. Let me continue to see sin through God's eyes and acknowledge it as evil. And when I sin, let me repent, and confess with my mouth my wrongdoing, and receive the forgiveness of God.And when this world closes in on me, let me remember Jesus' example -- to slip away and find a quiet place to pray. It's the best respons...
More About: Prayer
iCTel
2008-02-19 15:18:00
Mobile calls from 10c per minuteLaunching in February 2008Fixed line calls from 10c per minuteMobile calls from 10c per minuteYou save more than 70% on phone callsKeep your present phone contract and number5 000 free minutes per month for iCTel to iCTel phone callsText messages charged at only 1 centYour mobile can also act as an extension of your companies switch boardThis service is available to individuals and companiesClick here for more information,
Stumble al weer
2007-11-14 20:44:00
Liewe Spys LuisVannaand is ek al weer bietjie een saam hier alleen by die huis?die mini skotties was poot uit en hulle was al teen 19:30 aan die slaap. SO ek het maar hier op die internet rond gedrentel deur my stumble knoppie herhaaldelik te druk en dis waar ek uit gekom het:Peter Callasen se fantastiese kuns werke. Die manier hoe hy die papier manipuleer om in 3 dimensies te werk is ongelooflik. Gaan kyk gerus.Ek het ook op die E-sword afgekomDie talent van digitale kunstenaars verbaas my daagliks, ek self het ook in daardie veld rondgespeel so ek weet hou uitputtend sit is en juis daarom wil ek baie graag die Drum Machine met julle deel. Op skool het ek baie geëksperimenteer met skulpture? dis ?n medium waar slegs jou eie vaardigheid jou limiet is. Kyk bietjie na die gebruik van ?n spul gemors.Laastens is daar is tekeninge van Daniel Simon
More About: Stumble
Liewe Maas... sjoe dankie tog dat solipsisme nie sosiaal aanvaarbaar is nie
2007-11-13 15:46:00
Liewe Spys LuisEk moet ook nogal met Steve saam stem, dit gaan ons nie veel help om Maas te boikot oor sy opinie, oor satanisme, soos gelig in sy rubriek in Rapport nie.Ek wens tog net dat hy sy feite agter mekaar wou kry? die dametjie is nie vervolg vir Satanisme as sulks nie? sy is op aanklagte van dwelm besit aangekla, en daar is ?n DVD gevind waarop die dame en van haar trawante grafte in die area plunder.Die mense skedel en hare en die plunder aksie word onder soek. Daar is op alles beslag gele omdat die polisie seer sekerlik weet dat alles ietsie met mekaar te doen het?. My liefste Maas, die hele storie het nou eintlik niks met kerse en swart klere uit te waai nie, so jy kan maar vannaand rustig gaan slaap? jy is nie volgende op die lys van die hekse jagters nie.Ek vra net dat jy volgende keer ?n wyer perspektief gebruik as jy oor so ?n sensitiewe saak skryf. Jy skryf oor die nege gebooie van Satanisme? maar as die Sataniste nie dwaas is nie, en dis so belangrik om die storie ...
More About: Soli
Uit die mond van Vader C.J. Langenhoven
2007-11-12 14:40:00
Liewe Spys LuisEk het van weer na een van C.J. Langenhoven se spreuke gekyk. Dit gaan oor hoe jy jou kinders tugtig. Hy laat homself soos volg uit:DIE TUG VAN ONS KROOSMoenie jou kinders onskuldige plesier belet nie. Hulle sal dit steel en dan is jy nie daarby om te sien dat hulle nie die skuldige by·steel nie.Dit is nogal interesant aangesien my tweetjies my partykeer teen die muur uitdryf, maar as daar een ding is wat my pa my geleer het, is dit, moet nooit jou kinders slaan wanneer jy kwaad is nie. Jy mag nie jou kinders uit woede tugtig nie, maar jy is verplig om dit eerder uit liefde te doen. So, te danke aan my pa, sit mini skottie en my geliefde erf stukkie baie gereeld op die toilet se deksel en wag vir "Ore asb."Ek weet daar is baie menings oor hoe en wanneer om ons kinders te disiplineer, en ek voel dis maar vir elke ou om voor die Here verantwoording te doen vir hoe hulle met hulle geskenke van die hemel af, te werk gaan. Ja ons is nie perfek nie, ons is nie altyd reg nie...
More About: Vader , Hove
Medisyne vir Emosionele Afgestomptheid
2007-11-12 11:30:00
Liewe Spys LuisAs ek so rondom my in die wêreld rond kyk sien ek soveel hartseer en pyn en lyding. Ek is nogal ?n sensitiewe sieletjie, maar ek vind dat ek ook maar somtyds ?n bietjie afgestomp raak. Dit pla my dat my trane nie meer so gereeld vir die honger baba, wat ek elke dag op haar ma se rug sien ry, oor my wange rol nie. Ek voel ?n bietjie vêr verwyder van Christus wanneer my hart ?n bietjie harder is teen my medemense wat soveel hulp nodig het.Maar ek dink ons is al almal bietjie ?gedesensitise? en emosioneel afgestomp. Dit gbeur so sonder dat ons dit beplan, so per ongeluk. Ons word gebombardeer met die negatiewe gesig van os land om elke hoekie en draaitjie? maar dis ons verantwoordelikheid om steeds vir die armes en siekes en die wat ons hulp nodig het om te gee. Ons hemelse Koning verwag dit van ons om ons self met medelye (compassion) te klee.Juis daarom het ek verlede week begin met Libby op haar knieë. Mag die Here hier deur my hart en joune weer sag maak, en mag os w...
Open Doors... Suid Afrikaners wat 'n verskil maak!!!!
2007-11-11 20:44:00
Liewe Spys LuisSoos jy seker sal onthou het ek so twee weke terug vir jou vertel van die konstitusie wat ek moet skryf as ek Bophelô huis ?n realiteit wil maak. Ek het in die tussen tyd begin skryf, maar dit vat nogal baie om die miljoene idees wat hier in my kop rond maal, te sif en dan neer te skryf. Dis ook glad nie maklik om seker te maak dat die konstitusie volgens God se wil geskryf word, en nie volgens my wil nie. Juis daarom sal ek eerder net na Nuwe Jaar die konstitusie publiseer vir jou opinie, ek sal my verlof tyd gebruik om dit te spit en te polish.In die tussen tyd wil ek steeds ?n verkil maak. Ek het vandag in die kerk vir die eerste keer van Open Doors gehoor. Die realiteit van Christene wat steeds as gevolg van hulle geloof vervolg word het my hart diep geraak.Vandag 11 November is die internasionale dag wat eenkant gesit is om vir die Christene wat nog vervolg word te bid.Op Open Doors se web werf is daar baie inligting wat jou van hulp sal kan wees wanneer vir die ...
More About: Kane
Dig It
2007-11-10 14:30:00
Liewe Spys LuisEk het nou net 'n nuwe tool ontdek - dig it. weet ie of ek baie agter die tyd is nie... maar ek moes jou net vertel. EK het knoppies by die meeste van my pos stukkies gesit sodat jy dit ook op digit kan nomineer as jy darvan hou.Ek het ook deur die week die Feul My Blog knoppie by my versameling gevoeg. Ek het 'n hele paar interesante blogs daar raak gelees. Gebruik die knoppie onder aan my bladsy, en gaan kyk sommer self.Kyk ook sommer na die nuwe widget wat ek ook by gesit het vir Digit, dis ook heel onder aan die bladsy.
Aden se vrou-wees eina wat ek nie my self of enige een toe wens nie.
2007-11-09 21:13:00
Liewe Spys LuisEk het ?n naamlose girl se confession oor haar aborsie raak gelees. Dit het my hart so diep geraak dat ek dit net moes vertaal en aanpas en publiseer.Hand aan hand stap hulle in die straat af, die pad is vêr en Aden is moeg. Sy is nog half in ?n dwaal en sy weet nie hoe sy oor vandag moet voel nie. Dit voel as of sy van buite af na haar liggaam staar, maar die siel wat haar lyf beset, is ?n vreemde siel.Hoe het sy hier gekom, en wat het sy gedoen om dit alles te verdien? sal sy haarself ooit kan vergewe?? Miskien eendag, eendag wanneer haar hart heeltemal dood is hier in haar borskas en wanneer haar siel vlerke gekry het en haar liggaam leweloos agter gelaat het.Sy draai om en kyk na Aja, sy gesig is emosieloos en dit lyk of hulle sonde van vandag hom maar min skeel. Al waaraan hy kan dink is sy spaar geld wat daarmee heen is en die verligting wat vandag se transaksie gebring het.Die aaklige gesprek van nou die dag voel soos ?n miljoen jaar terug? Aden wil nie te veel...
ou vrou stories, mooi goedjies, ongelooflike demonstrasies
2007-11-09 15:30:00
Liewe Spys LuisNet so voor die naweek loop ek die volgende snaakse goedjies op die net raak?18 meter lange squid??? ( Net omdat ek vannag wil lekker slaap , gaan ek kies om dit te betwyfel.Kleur Sielkunde Menings Peilings En net om jou naweek te verfraai Wolf, Wolf vra die mese hoe laat dit is?. Spiraal, spiraal, wie sal ooit jou einde haal? Regtig erig, voor jou oë
More About: Stories , Demons , Gelo , Mons
Jy kners op jou tanne....
2007-11-09 12:45:00
Ek het lank gelê en luister toe jy slaapen daarom is ek besorg oor jou. Jy is kort van draad?jy baklei met spoke in jou slaap.Jy kners op jou tanne,Jy stoei heel nag deur met jou hanne?Gee my jou laste om te dra,Hoeveel keer moet ek aanbied en vra?Sluit die slot en grendel van jou hart oop,Dan kan jy ophou kners op jou tanne,En ophou met spoke stoei, met jou kaal hanne.
sal varkies dalk nou begin vlieg?
2007-11-08 20:55:00
My Liewe Spys LuisHier is ek al weer. My love vir die natuur maak dat ek net nie van die National Geographic se tuisblad af kan weg bly nie. Weer, en weer verbaas nuwe ontdekkings my. Soos die nuwe wilde vark spesies wat nou deur 'n ene Marc van Roosmalen, in die Amazone, in die suide van Brazil ontdek is.Dit ruk egter aan my hart se wande en my traan kliertjies word gestimuleer soos ek dieper in die artikel rondkrap en tot my spyt ontdek dat hierdie nuut gevonde spesies ook al amper 'n uitgeroeide spesie is.Terwyl ek treur, droom ek ook oor vakansie tyd, vakasie in die bosm vakansie by die see. Weens my blondekop skotsman se brood en botter kan ons nie te ver van Johannesburg af weg breek nie, so hopelik sal ons 'n lekker vakansie in die bos kan hou. Glo dit of nie, vir hierdie Neo-African, las lappie familie sal dit ons heel eerste familie vakansie wees.Dis juis hoekom ek spekuler oor vliegende varkies.... jy sien vakansie is vir ons iets baie skaars, baie luuks, amper iets soo...
TB, my tax contribution, rampage killers, date rape speelgoed en Bybels in
2007-11-08 10:09:00
Liewe Spys LuisVandag soek ek na ?n ligte, positiewe stukkie nuus. Ouder gewoonte soek ek op News 24. My blondekop skotsman kan dit nie verstaan nie, hy kyk a die SABC nuus in die aan, ek lees wat ek wil wet op die internet. Vir snaakse skool take ruk hy ?n ensiklopedie nader? ek google sommer net. Gelukkig leer ons kinders dat rekenaars nie alles is nie, en is hulle lief vir boek lees?. As dit nie vir hulle pa was nie, sou hulle seker lap tops vir Kersfees wou gehad het.Hier is wat ek op my soek tog na positiwiteit ontdek het.Heel eerste het ek van ons departement van gesondheid se plan vir tuberkulose gelees. Dit klink nogal indruk wekkend, en ja daar is R400 miljoen bewillig vir die projek, maar wat ek wil weet is of hulle regtig dink dat ons die infrastruktuur ht om mense vir 6 maande lank in spesiale eenhede te huisves. En vêrder, wat van die regte mese van Suid Afrika, jy weet daai wat in hulle shack sit en vergaan en nie die taxi geld het om by ?n dokter or kliniek of hospit...
More About: Killers , Contribution , Rape , Rampage
Libby Op Haar Knieë
2007-11-07 14:35:00
Hi Spys LuisAlweer ekke hier, ek het bietjie vir jou You Tube videos onder aan my blog gesit, daar is ook links na ander blogs waar ek so nou en dan my stem dik maak. En dan het ek 'n nuwe blog begin... Libby Op Haar Knieë. Die blog verduideliking klink so: Dit voel al vir my of ek en Stormie Omartian boesem vriendinne is, haar boek, the power of prayer verander daagliks my lewe. Maar aangesien ek al my vry tyd voor my rekenaar spandeer werk dit half vir my beter om my gebeds joernaal ook sommer elektronies op datum te hou? en net dalk is daar iemand daar buite wat saam met my wil bid.Julle sal kan gebeds versoeke email, gebeds sirkels stig so teen einde November, en sommer net saam met ons geduldige, getoue God gesels.
Op my beste, op my pos!
2007-11-07 10:59:00
Liewe Spys Luis, vandag is ek weer op my beste, op my stukke. Ek het gisteraand hard gewerk aan content vir my babbel boksies. Ek hoop jy geniet sit sommer baie. Daar is 'n nuwe gedig van een van ons bekende digters en ek het 'n nuwe vertaling op Roekeloos raak geloop.
In die nuus: 'n Prehistoriese Haai in Japan!!!
2007-11-07 09:56:00
Liewe Spys LuisNee, ek moan nie net oor moeilike mense en ?n wêreld wat konstant volgens my op sy oor loop nie, nee ek lees ook graag oor die wondere van ons wêreld op die National Geographic web blad. Gister aand het ek en my blondekop skotsman saam hierdie interessante artikel ontdek oor ?n prehistoriese haai wat in Japan deur ?n visser man raak gesien is. Jy is welkom om hier te druk om die artikel te lees. Dis net vir my ongelooflik hoe wonderlik en hoe kompleks ons hemelse Vader onse wêreld aanmekaar gesit het. Ek het ook gelees van ?n nuwe haai spesie wat in die Meksikaanse Golf ontdek is.Sulke ontdekkings herinner my net altyd daaraan dat ons our kleine, nietige mensies nog nie alles weet nie, en nog nie oor alles kan baas speel nie? al dink ons so.
Stumble
2007-11-06 19:54:00
Liewe Spys LuisEk het 'n gereedskap boksie op die internet ontdek. Die boksie gee jou die kans om op die internet rond te drentel, en na interessante web werwe te kyk. Jy spesifiseer die kategorieë waarin jy geïnteresseerd is. Die skakel waarheen jy moet gaan is http://www.stumbleupon.com/. Hier kan jy registreer, en die gereedskap boksie vir jou self opstel.Hier is ?n paar interessante skakels wat ek daar ontdek het?Interesting City ScapesBeautiful PhotographsKaleidescope
More About: Stumble
Oupa se Skatkis
2007-11-06 19:46:00
Liewe Spys LuisHier is weer nog twee gediggies wat oupa my geleer het. Geniet dit!!!
Die dag toe ek myself loop soek het!
2007-11-06 14:17:00
Liewe Spys LuisEk wil jou vertel, vertel van die liefde en van die lewe? van die dag toe ek myself loop soek het!My dae was maar donker, en die wêreld hier rondom my bleek. Op ?n hopie het my hart gesit en snik, terwyl ek konstant energie na buite moes straal? jy onthou mos, my werk het dit van my verwag.Wie en wat ek was, het ek nie geweet nie, ek het ook nie geweet waar my siel homself bevind nie. My hart het nie meer ?n pols gehad nie en my binne kant was so rou en stukkend, dat ek maar eerder my hart begrawe het, daar diep binne waar hy nie weer sou seer kry nie.Een oggend toe ek my ogies oopmaak skyn daar ?n enkel, helder straaltjie sonskyn deur die swaar, dik gordyne wat my mens-wees van die res van die wêreld verskuil het? die oorsprong van hierdie straaltjie was jy? jy met jou bo menslike energie, en jou passie wat my half onkant gevang het.Jou krag, jou liefde, jou aanvaarding het my terug getrek na die veilige kant van die afgrond, daar waar ek nie weer sal kan afrol nie? ...
More About: Loop
of miskien soos vuil bad water wat in die drein afgespoel het?
2007-11-03 09:19:00
Liewe Spys LuisEk het die vreemdste, eienaardigste storie om jou te vertel? gister was erf-stukkie skottie se biologiese mamma, se troue? of so het ons gedink. Ons het al die pad deur gejaag op ?n Vrydag middag na die kleine dorpie waar haar ?sacred ceremony? sou plaas vind?Daar gekom probeer ons bel vir aanwysings na die venue, maar al wat ons kry is die antwoord masjien van haar yuppie oorbel. Ons stop toe maar by die enigste adres wat ons vir haar het, net om uit te vind dat die aanstaande bruid en bruidegom spoorloos verdwyn het, soos mis voor die son, of miskien soos vuil bad water wat in die drein afgespoel het? ek besluit nog hier te midde van my woede bui of dit ?n goeie of ?n slegte ding is.Nou daar sit ek en my blondekop skotsman in die kinder vriendelike restaurant in hierdie kleine dorpie en ons moet vir my erf-stukkie skottie verduidelik dat daar geen troue gaan wees nie. Ons moes weer verduidelik dat sy ma net nie opgedaag het nie? nie eens vir haar eie nie troue nie. ...
More About: Water , Skien
Gebed vir jou
2007-11-02 07:41:00
Goeie More Pappa,Baie dankie vir die son wat so helder daar buite skyn en vir die voëltjies wat uit volle bors vir ons sing. Here dankie vir ?n nuwe begin elke oggend en vir die baie seëninge wat U elke dag op ons pad bring.Liefste Pappa, ek wil vanoggend hier op jou skot kom sit en names my maatjie pleit. Here vandag moet sy deur voer met die moeilikste besluit wat enige mamma ook moet neem. Here ek weet hoe dit haar hart breek, maar ek weet ook dat U haar elke stappie van die weg sovêr gelei het, en dat U haar steeds nog vêrder deur haar lewens paadjie gaan lei.Pappa vandag vra ek net dat U haar sal vas hou, dat U haar trane sal weg droog en haar met U liefde sal toe vou. Here die oorsaak en die redes vir hierdie situasie ken net U, en die uitkoms lê dus ook net by U. Here maak hierdie vriendin van my se oë oop, en maak haar hart sag, sodat sy U liefde op hierdie donker dag te kan voel.Baie dakie Here dat ek kan glo en ka weet dat U haar had sal vas hou e U liefde oor haar sal uit...
Die liefde wat net so buite my greep bly?
2007-11-01 21:02:00
(vir my liefste, beste vriendin...)Weet jy hoe dit voel as die ultimate liefde in jou kiem vat en groei en jy dra dit hier binne jou? maar nes jy die liefde begin geniet word dit weg geruk en dit los jou hart stukkend, verpletter. Jou siel voel eensaam en alleen in jou verdriet en jou hartseer, en niemand kan vir jou vertroosting bied nie? My liefste vriendin, dit wat more vir jou wag - ek was al daar en ek ken jou seer. My skouers is breed en my hart het baie plek. My hande is gewoond aan trane afdroog en ek is al amper ?n expert as dit by skerwe optel kom. My ore luister graag en ek vou jou enige dag in my arms en my liefde toe. Neem more in my afwesigheid my Skepper se hand, Hy sal jou lei. Die krag waarmee Hy Sy Seun uit die dood opgewek het, daarmee sal Hy jou versterk.En my liefste, liefste vriendin, eendag as jou hart weer heel is en jy sien weer kans vir die lewe, dan sal jy weer die son sien skyn en die voëltjies hoor fluit. Maar terwyl jy wag, hou hierdie woorde so styf te...
Ek het vir jou gewag...
2007-10-28 20:53:00
Liewe Spys Luis?n kort verhaal om jou tande in te slaan?. Geniet, lewer kritiek en stuur aan vi jou maatjies.Vandag sit Adele oor die see en uit staar, enige iets kan nou met haar gebeur, soos ?n water druppel wat sagkens op ?n blaar te lande gekom het, gaan sy of bly lê, of die afgrond in val? maar sy kan ook opstyg na die hemele? verdamp en so haar lewens paadjie heeltemal verander.Die hele bohaai gaan oor hierdie kleine mensie wat hier binne haar groei? so onskuldig, weet sy wat die mense hier buite sê? Weet sy dat hulle van die gemene mening is dat haar kanse nie goed is om haar plekkie in wêreld vol te staan nie? Hierdie siekte wat hulle haar kind toe gesnou het, is daar uitkom kans, is dit in die Here se plan dat sy gesond anderkant sal uit kom? ? nee dit weet Adele nie? sy weet net dat sy nou die belangrikste besluit van haar lewe sal moet neem.Haar lyf is seer van die las van hartseer en onsekerheid en verwardheid wat sy in haar saam dra, sy lê nag na nag en krul van pyn, da...
Hulde aan bekende digters
2007-10-28 19:42:00
Liewe Spys LuisEk probeer vir jou bietjie ander inligting deur gee as net my gewone ou babbel, babbel. So ek het ook begin om gedigte van die legendes ook hier op te sit, net ingeval ons dalk amper van hulle vergeet. Lekker lees
Oupa Se Skatkis
2007-10-27 16:35:00
Liewe Spys LuisOupa is nou al 83, sy gedagtes is nog glas helder, maar sy lyf en sy ogies wil nie meer nie. Oupa het vir my soveel gedigte en rympies e liedjies geleer, en ek wil hulle graag met julle deel en ook op rekord sit?. Net ingeval ons vergeet? die eerste skat wat on sal beloer is die ?mishaps? van Ou Tante Koba.Lekker lees en lekker onthou?. Elke 3 daggies sal ek dit bietjie roteer.
Turksvy-mense
2007-10-26 10:17:00
My Liefste Spys Luis, so tussen al die partytjie deur, het daar ook bietjie woede en hartseer in my hart ingetree? ek noem die oorsaak hiervan Turk svy-mense!??n Turksvy mens?? vra jy?. Wel ja? as jy hulle leer ken is hulle vol skerp punte, maar diep binne dink jy dat daar die potential is vir ?n vrugbare verhouding, of vriendskap? so jy druk deur en jy hou aan vriendelik wees? dan eendag soos mis voor die son verdwyn hulle dorings en die geselligheid raak soet en aangenaam? maar oppas? sodra jy te naby kom, of dalk net bietjies van opinie verskil, skiet daardie dorings weer soos blits deur hulle vleis?. Hulle sny vir jou flenters en stukkend? jy bly alleen agter op jou mis hopie, snikkend en hikkend, na hulle skerp punte met jou klaar is?.
More About: Mens
Thanx to a dedicated team
2007-10-26 09:47:00
Liewe Spys Luis,Soos ek gister verduidelik het, werk ek saam met 'n baie spesiale span, en saam loop ons 'n besonderse pad. Ja daar is struikel blokke en speed bumps langs die pad, maar dis altyd 'n plesier om saam met hierdie liewe mensies te werk... ons kry geleenthede wat ons net moet aangryp en saam proe ons die vrugte van sukses. Ons staan omder die leierskap van 'n man wat respek (op sy eie sagte manier) komadeer, uit die spreuke van sy wysheid sal ons nog baie lesse kan pit.... maatjies vi die van julle wat New York toe gaan... geniet dit, vir die van ons wat weens kaktusse in ons vistenks by die huis moet bly.... sterkte.... New York Baby - we deserve to party, we deserve to relax.... New York Baby beware!!!!!!!!!!
More About: Team , Dedicated
More articles from this author:
1, 2
39396 blogs in the directory.
Statistics resets every week.


Contact | About
© Blog Toplist 2008 - SEO by FeWorks
eXTReMe Tracker